Home » Annabella (Davel-vroue Book 3) by Chanette Paul
Annabella (Davel-vroue Book 3) Chanette Paul

Annabella (Davel-vroue Book 3)

Chanette Paul

Published April 1st 2015
ISBN :
Kindle Edition
217 pages
Enter the sum

 About the Book 

Chanette Paul nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of anderMoreChanette Paul nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.AnnabellaSonder István Bethlen sal sy nooit volledig Annabella Davel kan wees nie. Net ’n leë dop, sonder koers, sonder betekenis.En sy hét hom verloor, dié geheimsinnige sigeunerviolis wat haar so volledig aangevul het toe sy tjello gespeel het, haar so volledig vrou laat voel het.Aan die konservatorium op Stellenbosch sal sy musiek studeer, maar haar hart is in Pretoria, in Orange Hall, in Burgerspark … dáár waar sy hom leer ken het.En toe sy praatjies hoor dat hy ’n adellike op vlug is, doodgeskiet is in Amsterdam, weet sy dat sy nooit weer tjello sal speel nie. Watter sin het musiek hoegenaamd? Watter betekenis het haar léwe?